Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: "Pay-back time"
Re: "Pay-back time" [boodskap #6035] Vr, 22 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Antonie skryf:

> Ongelukkig is ons in die middel van 'n bose kringloop. Agv die
> "brain-drain" gaan die land se ekonomie skade lei. Die ekonomie gaan dan
> nie groei soos wat dit kon nie. Dit beteken meer werkloosheid, meer
> misdaad, stakings en geweld en dan...... nog meer mense wat die land
> verlaat.
>
> Al hoe dit gestop kan word is as die regering hierdie "pay-back time"
> baie omsigtig benader en hanteer. As mens so na die skole kwessie en die
> behandeling van Afrikaans kyk (soos by die SABC), dan gebeur dit nie en
> so vervreem die regering net nog meer mense van die nuwe bestel.

Antonie, ek wil een ding opklaar: my verwysing na "pay-back time" was 'n
beroep op 'n innere gesindheid aan die kant van Afrikaners (en ander
blanke Suid-Afrikaners), nie, en nogmaals nie, op aksie van die regering se
kant om hierdie gesindheid te kweek of te "verwesenlik" nie.

Daar is 'n groot verskil, en 'n ho"e muur, tussen dit wat ek
eties verplig is om te doen, en dit wat die staat my strafregtelik of
andersins mag dwing om te doen. Baie mense maak die fout om te dink dat,
as A 'n morele verpligting het om x vir B te doen, B hom juistelik op die
staat kan beroep om A te dwing om x te doen. Selfs die popul^ere idee dat
'n morele plig wat op A rus om x vir B te doen noodwendig 'n
dienooreenkomstige reg aan B verleen om x van A te ontvang, ignoreer die
verskil tussen die gereg (van wette) en morele plig. Maar dis weer 'n ander
storie.

Myns insiens is die konsep van regstellende aksie 'n edele poging om die
onmoontlike deur middel van die onwenslike te vermag. Maar, waar mens
nie net met Machiavelliaanse "realpolitik" te make het nie, maar ook met
die onbetwisbare feit van redelik spesifiek vasstelbare nadele en onregte
wat sekere mense weens apartheid moes sluk, en waarvan die gevolge nog
deur hierdie spesifieke individue gedra word, is daar geen regverdigbare
argument teen regstellende aksie vir sulke mense nie. Meer eenvoudig: as die
sosio-ekonomiese verhoudings in ons samelewing bly soos wat hulle
huidiglik is, sal die druk op die regering om te konfiskeer te groot
word, en die langtermyn voordele van gesonde ekonomiese beleide net nie
genoeg wees om die massas te bly paai nie. En as mens so 'n draai of wat
in Alexandra of Soweto gooi, dan besef jy dat daardie massas miskien wel
iets het om oor te kla. En, ja, dit is so dat die "brain drain" 'n bose
kringloop is - dis soos 'n effektebeursineenstorting: die gesindheid is
alles. Maar op die oomblik lyk die syfers van ons ou beursie nie te sleg
nie, en die bulle kan maklik by die bere oorneem, as hulle maar net wil.

Intussen moet ons bly hoop die verstommende vrymarkneigings van die
huidige regering bly groei, en dat hierdie neigings (deur "pay-back"?)
beloon kan word, sodat ons nie die nuwe People's Republic of Azania word nie.

Laterweer'nkeeroftwee
Frank
Re: "Pay-back time" [boodskap #6059 is 'n antwoord op boodskap #6035] So, 24 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frank Snyckers wrote:

die ekonomiese versigtigheid, en veral versoeningsbeleid van die ANC na[/color]
> die verkiesing, veral van Mandela se kant af, verstommend bly,>>>

Ek het die hele jaar van die onderhandelinge in Kemptonpark daaroor
verslag gedoen en ook voor daardie jaar oor die ANC en ek kan jou
verseker daardie verstommendhe houding wat jy van praat, gaan baie
dieper af ondertoe. Dis nie net Mandela nie. Dis tot op grondvlak wat
daardie aar loop.
Re: "Pay-back time" [boodskap #6060 is 'n antwoord op boodskap #6035] So, 24 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Paul, ek sien my boodskap het toe tog die poslys bereik, en ek aanvaar
die ander een (oor Antonie en Bosniese dinge) het ook deurgekom, al het
ek hulle nie ontvang nie.

Jy wil tog nie vir my vertel jy gaan jou menings omtrent die ANC se
beleid deur een ontmoeting met 'n afvaardiging op skool laat bepaal nie.
Dit sou wees asof ek my idees omtrent die Afrikaner laat bepaal deur die
manne wat op my Afrikaanse skool gedink het 'n aand se pret daaruit bestaan
om 'n dronk ou man op straat te vermink (as die man swart was).

Dat daar groot bitterheid en ook haat teenoor blankes en Afrikaners onder
sekere ANC lede, en ander swartmense is, kan mens nie ontken nie. Dat die
ANC, amptelik en deur informele groepies, vreesaanjaende en onnosele
dinge al kwytgeraak het, kan mens ook nie ontken nie. Dat niemand presies
seker is wat hulle nou eintlik deesdae as beleid ronddra nie, kan mens
weer nie ontken nie. Dat ons regering ons nog met oorbluffende domhede en
jammerlike gemors gaan verras, kan mens nog 'n slag nie ontken nie. Maar,
en hier het ek jou eerlikheid nodig, dat die gematigheid en liberalisme,
die ekonomiese versigtigheid, en veral versoeningsbeleid van die ANC na
die verkiesing, veral van Mandela se kant af, verstommend bly, as mens
die druk op die regering om met mening te konfiskeer in aanmerking neem,
kan NIEMAND ontken nie. En jy kan dit mos maar erken, daar in Perth, of hoe?
Re: "Pay-back time" [boodskap #6061 is 'n antwoord op boodskap #6035] So, 24 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 03:26 PM 24/03/96 SAT, you wrote:

>
> Jy wil tog nie vir my vertel jy gaan jou menings omtrent die ANC se=20
> beleid deur een ontmoeting met 'n afvaardiging op skool laat bepaal nie.=20
> Dit sou wees asof ek my idees omtrent die Afrikaner laat bepaal deur die=20
> manne wat op my Afrikaanse skool gedink het 'n aand se pret daaruit bestaan= =20
> om 'n dronk ou man op straat te vermink (as die man swart was).

Frank, Ek kan nie sweer oor die name van die ANC leiers wat ons kom
toespreek het nie, maar as ek die name moes noem van wie ek dink dit was dan
is hulle nog uiters hoog aangeskrewe in die ANC. Dit is hoekom ek iemand se
navorsing in die Argiewe van Dagbreek en of Sondagstem sal waardeer, ek mag
dalk die jaar ook verkeerd hê in dat dit my Matriek jaar 1964 was. Die=
feite
is egter korrek!
Die eerste ontmoeting met 'n standerd 6 meisietjie BAIE jare gelde is nog
altyd by my maar nou met 4 kinders! " First impressions are lasting
Impressions"!

> Dat daar groot bitterheid en ook haat teenoor blankes en Afrikaners onder= =20
> sekere ANC lede, en ander swartmense is, kan mens nie ontken nie. Dat die= =20
> ANC, amptelik en deur informele groepies, vreesaanjaende en onnosele=20
> dinge al kwytgeraak het, kan mens ook nie ontken nie. Dat niemand presies= =20
> seker is wat hulle nou eintlik deesdae as beleid ronddra nie, kan mens=20
> weer nie ontken nie. Dat ons regering ons nog met oorbluffende domhede en= =20
> jammerlike gemors gaan verras, kan mens nog 'n slag nie ontken nie. Maar,= =20
> en hier het ek jou eerlikheid nodig, dat die gematigheid en liberalisme,=20
> die ekonomiese versigtigheid, en veral versoeningsbeleid van die ANC na=20
> die verkiesing, veral van Mandela se kant af, verstommend bly, as mens=20
> die druk op die regering om met mening te konfiskeer in aanmerking neem,=20
> kan NIEMAND ontken nie. En jy kan dit mos maar erken, daar in Perth, of=
hoe?

Baie van wat jy hier sê gee ek toe, maar verskil oor die ANC se
versoenigsbeleid. Wat ek van hulle beleid in Oz lees is dit baie meer 'n
konfrontasie beleid met Afrikaners is, ek haas my daarby om te sê dat dit
nie vir my lyk asof Nelson 100% saamstem met die beleidsrigtings wat die ANC
sou wou haastig inslaan nie. Ek sal nog verder gaan en sê dat in my=
opinie
is dit slegs Nelson Mandela wat vrede,???, op die oomblik bewaar. Ek glo hy
is so populêr in die ANC soos by baie Blankes MAAR hy is net so onpopulê=
r by
sekere faksies van die ANC as by sommiges in die Blanke gemeenskap.
Ongelukkig dink ek dat die NSA eers sy werklike dorings gaan wys as Nelson
uittreë, hy probeer om die NSA se dorings te bedek met blomme maar ek glo
nie hy gaan dit meer vir lank kan doen nie. Sy luitenante wag vir hulle "Pay
Back Time".
Daarby gesê is sy moeilike situasie daarvaaor verantwoordelik dat mens nie
op hom kan peiltrek nie omdat hy so hard probeer om alle kante tevrede te=
stel.
Die groot vraag, in my opinie, is nou : Na Mandela... ?
Groete uit Perth,
Paul.
Re: "Pay-back time" [boodskap #6062 is 'n antwoord op boodskap #6035] So, 24 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Paul van der Merwe wrote:


versoenigsbeleid. Wat ek van hulle beleid in Oz lees is dit baie meer 'n[/color]
> konfrontasie beleid met Afrikaners is,....>>>

Wel, ek leef hier, werk hier, het verslag gedoen oor die ANC tot so 'n
jaar gelede, het senior ANC-manne leer ken, het hulle elke dag sien
optree in die onderhandelinge en hier volg my mening:
Die versoeningsbeleid is waar en loop reg deur die ANC.
Natuurlik is daar 'n versameling van mense in die organisasie, maar
die hoofstroom word nogal goed deur Mandela gereflekteer.
Hoekom versoening? Omdat as daar nie 'n versoeningsbeleid gevolg word
nie, kan die samelewing en die ekonomie nie genoegsaam herstel sodat
die ANC sy mense kan ophef nie.
En ook omdat daar werklike "goodwill" van albei kante is.

Moet NOOIT die ANC van ons tyd (hoe hy gaan word weet niemand) se
verbintenis tot sy beginsels onderskat nie. En daardie beginsels is
demokrasie en nie-rassigheid.
Natuurlik word dit op verskeie plekke verweer, maar weereens: die
hoofstroom "is still playing true".

Die ANC is NIE 'n sosialistiese organisasie nie. Die SAKP wat wel is,
in verweef in die ANC, maar die ANC is NIE.
Daar gaan vir lank in SA sosialistiese ondertone wees, maar dit gaan
die sosialisme wees van 'n regering wat sy mense ophef. Soos die NP
gemaak het. Nie omdat daar ideologiese verbintenisse is nie. Soos die
NP ook nie gehad het nie.

Moet nie die fout maak om te dink dat Mandela die ANC "run" nie.
Vanwee wie hy is, het hy groot invloed in die organisasie, maar daar
is voorbeelde van tye toe hy "over rule" is en hy hom sonder probleme
daarby neergele het.

Moet ook nooit die fout maak om "foreign correspondents" heeltemal te
glo oor SA nie. Ek het hulle gesien.
Hulle het tot 'n mate 'n sekere storie wat hulle moet vertel anders
word hulle nie geglo/gelees nie.
Voor en rondom die verkiesing was dit hoe 'n rasse-oorlog van
ontsaglike dimensies hier gaan uitbreek.
Na die verkiesing, wel nou is dit hoe ons in die anarchistiese
Afrika-riool afgly en dit lyk my 'n nuwe idee steek kop uit en dit is
hoe die ANC die arme Afrikaners mishandel en vertrap.
(Is ek reg?, Is dit 'n nuwe tema? Wat 'n mens kan laat wonder: Watter
beeld gee die Europeers en die Amerikansers die meeste rillings: Die
AWB-Nazi of die brutale, dom swartman?)

Dit alles lyk soms vir my na die mite wat hulle lesers wil hoor om
goed te voel dat hulle is waar hulle is en is wie God hulle gemaak
het. En natuurlik om 'n persepsie van Donker Afrika in stand te hou.

So: Dit gaan goed met ons hier en die goeie goed wat jy hoor, is
meestal waar terwyl jy baie van die lelike dinge oor ons met 'n
knippie sout moet neem.

Daar was vanaand 'n interresante insetsel in Carte Blanche op M-Net.
Oor ander skole in die omgewing van Potgietersrus. Een waar die skool
so 10 persent wit leerlinge het en een wat so 10 persent swart
leerlinge het. Geen groot probleme nie. Die swart kinders begin goed
opvang met die skoolwerk, se die skoolhoof, en die kinders se dis
"cool". Hulle leef lekker saam. Daardie skole sal jy waarskynlik nie
genoem kry in Australiese of Amerikaanse of Europese koerante nie.

Wie dink die Australiese pers gaan president word na Mandela?
Re: "Pay-back time" [boodskap #6072 is 'n antwoord op boodskap #6035] Ma, 25 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ja, ek is nog hier....:->

Hier kom 'n lang storie, baie klippe in verskeie bosse (die eerstes is al
vol :->):

Dit smaak my daar is heelwat mense (ook op hierdie nuusgroep) wat
bewussyn/consciousness/existence (verskoon die Ingels) definieer in terme
van die regering van die dag en die heersende politieke klimaat, bv. "blanke
liberales", "regses" ens. Die stelling dat Prof Dennis Davis sy posisie in
die land heroorweeg, (indien dit waar is, ek het nie self die artikel gelees
nie) is ook ontstellend. In 'n ander string artikels is daar oor en weer
geargumenteer oor die mense wat Australie" toe verhuis het.

Staan bietjie terug, en kyk wat dit beteken: 'n verandering in regering het
vir baie mense die einde van die wêreld beteken.

Die sogenaamde "ultra-regses" het heeltemal van die politieke spektrum af
beweeg, en dit is ook hulle wat waarskynlik die grootste wroeging oor
"existence" het. (Dit is 'n aanname, ek het hulle self nie gevra nie). In
reaksie op die veranderinge in die land het hulle hulle eie
pseudo-gesagsstrukture, eie gemeenskapslewe en dies meer geskep. Dit sou
goed wees as hierdie strukture eendag 'n verwysingsraamwerk soos 'n
volkstaat vind, maar daar is geen waarborge dat dit ooit sal gebeur nie.
(Moenie 'n fout maak nie, ek kritiseer nie die strewe na so 'n volkstaat nie).

Dan is daar die blanke liberales, wat al die jare "geveg" het vir 'n
demokratiese bestel. Baie van hierdie mense is nou ontnugter omdat die ANC
nie heeltemal sulke liberale dinge doen nie. Hulle vind hulleself ook nou
aan dieselfde kant as die massa blankes, in terme van regstellende aksie en
sommer die alledaagse omgekeerde diskriminasie wat hier en daar sy kop
uitsteek. In sommige gevalle word hulle uitgesonder vir kritiek.

Baie van hierdie mense "verlaat nou die land" - ook op 'n simboliese en
psigiese wyse - omdat hulle nie in terme van die regering, of in terme van
die samelewing, kan voortbestaan nie.

Dan is daar getroue Nasionaliste (Natte) wat saam met hulle party van
gedagte verander het.... wat die Party sê, is reg, of dit nou afsonderlike
onwikkeling of integrasie is dit bly reg want die Party sê so. (Dit geld
ook vir getroue ondersteuners van ander partye, soos die ANC. *Sylyn: as
joernalis is dit soms frustrerend om 'n lae-vlak ANC-ondersteuner om sy
opinie te vra. Telkens moet hulle Hoofkantoor skakel om uit te vind wat die
huidige denkwyse is.)

Daar is baie mense wat die volstruis-opsie kies..... en dit is kommerwekkend.

Ek soek redes daarvoor: is dit omdat ons vir veertig jaar "geweet het waar
ons staan" met die Nasionale Party? Dat jy jou lewe veertig jaar vooruit kon
beplan, en nou nie meer kan doen nie? Wat dan van Italie", waar die regering
elke ses maande verander?

Is dit omdat die nuwe regering se beleid so weersinswekkend is? Of is dit
omdat hulle hulle skielik in 'n "vreemde land" tussen "uitlanders" bevind
(ek bedoel nou die Nuwe Suid-Afrika)?

Dan is daar ander Suid-Afrikaners wat hulle nog nooit op die politieke
spektrum bevind het nie, omdat hulle idees nie met enige enkele party
versoenbaar is nie. Hierdie mense kon hulle nog nooit "in terme van die
regering/staat/politieke bestel/samelewing" identifiseer nie. Hierdie mense
kon hulle met geen rigiede doktriene identifiseer nie. Daar is selfs ander
wat nog nooit in politiek nie belang gestel het nie. Vir hierdie mense het
niks verander nie, die regering is steeds 'n ve^raf, vae entiteit wat
oudergewoonte vermy moet word.

Miskien sal daar 'n burgeroorlog wees, as die regering te veel ingryp. Baie
mense, ook ons, sal dan daardeur meegesleur word. Broer teen broer, en vader
teen seun... daardie soort van ding. Jy sal nie neutraal kan bly nie ("dit
is nie ons oorlog nie" - Afrikaners in Bechuanaland, 1900).

aar tot dit gebeur (AS dit gebeur), lyk hierdie regering maar baie soos 'n
ander, en is die mense maar baie soos ander mense. As joernalis, kan ek
bevestig dat die berge, die rotse, die vlaktes en selfs die sonsondergang in
die Kalahari nog dieselfde is (geen sarkasme).

Hendrik
Re: "Pay-back time" [boodskap #6079 is 'n antwoord op boodskap #6035] Di, 26 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hendrik Martin wrote:
Vorige onderwerp: Hoe vergankelijk! (Re:)
Volgende onderwerp: Mensliewendheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:36:53 MGT 2024